EJM Konstruksie Sagteware

EJM

Greyline heading Facebook Contact Us EJM Logo Epos English Tuis
Tuis Sagteware Oor ons Span Kontak ons
Maroon

Ontmoet ons 2023 Span

Nie stormweer of beurtkrag verhoed ons om uitmuntende diens te lewer nie!

 
  

Bestuur

Lana Marais

Lana het in Februarie 2000 by EMWIN aangesluit. Sy is die Besturende Direkteur van EMWIN.

Lana het 'n B.Compt van die Universiteit van Suid-Afrika verwerf asook 'n MBA van die Universiteit van die Noordwes (Potchefstroom kampus) verwerf.

Haar MBA verhandeling is van besondere belang vir ons kliënte aangesien dit handel oor sukses faktore by die implementering van gerekenariseerde bestuurstelsels by konstruksie ondernemings.

Maroon

Wikus Hattingh

Wikus is die Senior Programmeerder en Tegniese Direkteur van EMWIN.
Hy het in 2005 by EMWIN aangesluit.

Wikus is sedert 1999 'n sagteware-ontwikkelaar in die Visual Studio Basic - SQL omgewing.
Hy is die dryfkrag agter die ontwikkeling van EJM SQL en om dit 'n Wolk-gebaseerde stelsel te maak.


Maroon

Wikus Hattingh

Alida Potgieter

Alida is EMWIN se Opleiding- en Ondersteunings Direkteur.

AAlida het aan die Noordwes Universiteit gegradueer met 'n B.Com (GR) en B.Com Honneurs in Koste en Bestuursrekeningkunde. Sy het in 2010 by EMWIN aangesluit.

As entoesiastiese bergklimmer sal sy van jou berg 'n molshoop maak met die die teopassing van EJM se tegnologiese oplossings.


Maroon

Alida Marais

Verkope en Bemarking

Nicola Combrinck

Nicola is lief vir mense.

Met haar innemende stem en persoonlikheid hou sy daarvan om wildvreemde to bel wat baat by EJM se produkte en dienste kan vind - 'n taak wat meeste mense vrees.


011 396 1809/3561 (kantoor)


Maroon

Nicola Combrinck

Ondersteuning

Sakhele July

Sakhele het 'n BSc (Hons) in Bourekenkunde aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf en is 'n lid van die Vereniging van Suid-Afrikaanse Bourekenaars. Sakhele het uitstekende interpersoonlike vaardighede wat opgeskerp is as fasiliteerder, verskeie leierskaprolle as student en as jeugleier in die Presbiteriaanse Kerk.

Hy het uitgebreide bourekenkunde- en kostebestuur ervaring oor 7 jaar in die konstruksiebedryf opgedoen – waarvan twee jaar met EJM-stelsels was. Met sy interpersoonlike vaardighede, stewige akademiese grondslag en toepaslike bou-omgewing-ervaring is Sakhele 'n waardevolle lid van die Span. .

Maroon

Sakhele

Gerome Strauss

Gerome het in 1999 sy loopbaan in die konstruksiebedryf begin as terreinklerk vir Grinaker-LTA. Sy potensiaal en harde werk is gou raakgesien. Hy het vinnig opgang gemaak en het gevorder tot Senior Finansiële en Administratiewe Bestuurder.

In Augustus 2020 het Gerome sy eie onderneming begin wat finansiële en bestuursdienste lewer. So het hy die EJM produkte leer ken wat later uitgeloop het op 'n agentskap.


Maroon

Gerome Strauss

Reshenda Piedt

Reshenda Piedt is sedert 2002 EMWIN se agent in die Wes-Kaap.

Sy het haar loopbaan in 1968 in IT begin by die Geintegreerde Rekenaarburo. Daarna het sy baie jare HKC produkte ondersteun, 'n markleier in konstruksie sagteware totdat dit in 2000 'n slagoffer van die DotCom borrel geword het.




Maroon

Reshenda Piedt

Betaalstaat Buro

Norman Marshall

Norman is die hoof van ons Betaalstaat Buro . Dit is 'n groot verantwoordelikheid om toe te sien dat 'n akkurate tyd-kritieke diens gelewer word, waarop ons kliënte en hul duisende werknemers kan staatmaak.

Norman het 10 jaar ondervinding in die bestuur van 'n klein onderneming waartydens hy die belangrikheid van 'n betaalstaat die bestuur van 'n doeltreffende betaalstaat.



Maroon

Norman Marshall

Programmeerders

Ludwig Everson

Ludwig is 'n professionele ingenieur met 'n M.Sc in elektriese ingenieurswese. Hy woon in die Noord-Kaap waar hy ‘n Aardskip (Earthship) gebou het, 'n selfonderhoudende huis met 'n zero-koolstof- en watervoetspoor.

Hy het 'n spesiale belangstelling in sonkragstelsels en het 'n aantal ontwerp en gebou.

Ludwig is op verskeie vlakke betrokke by die programmering in die onderneming, onder andere die skedulering- en QTO-stelsels.

Maroon

Ludwig Everson

Johan Potgieter

Johan het ’n diploma in programmering aan die CTU in Potchefstroom behaal en is Microsoft geakkrediteerd in MCSD en MCP.

Sy in-diepte kennis van C#, Java en App-ontwikkeling, voeg baie waarde toe tot die EJM Programmering span.



Maroon

Johan Potgieter

Francois Snyman

Sedert Francois drie jaar gelede by EMWIN aangesluit het, is hy betrokke by die ontwikkeling van ons Wolk gebaseerde Betaalstaat en Tender stelsels.

Voor dit het hy 9 jaar op die programmering en ondersteuning van die beheerstelsels van industriële verkoelers gewerk.

Francois sal met sy passie vir die “Internet van dinge” EMWIN op die voorpunt van tegnologiese ontwikkeling en i nnovasie hou.

Maroon

Francois Snyman

Piet Bekker

Piet Bekker is 'n junior programmeerder wat vanuit Groblersdal onder Francois Snyman aan verskeie aspekte van die EJM Stelsel werk.

Piet kom uit 'n sterk tegniese IT agtergrond wat beide hardeware en sagteware ondersteuning insluit. Met sy onderskeidings in Afrikaans en Engels wat 'n goeie aanduider vir suksesvolle programmering is, sal Piet baie waarde tot die EJM Span toevoeg.

Maroon

Piet

Kopiereg © EMWIN Stelsel (Pty) Ltd. Alle regte voorbehou

“AS JY ERNSTIG IS OOR
KOSTEBESTUUR”

triangle

KONTAK ONS NOU!!

Tuis Sagteware Oor ons Span Kontak ons